Hoe het HKH Tutoring begin?
HKH Tutoring (Hanyane ka Hanyane Tutoring) is 'n plaaslik gebaseerde, privaatonderrig besigheid geskep deur Roe Wiid. Aangesien die ekonomie nie vandag baie geldelike vryheid toelaat nie, is dit baie belangrik om die meeste te maak van die geld wat jy spandeer. HKH Tutoring is geskep om presies dit te doen. Privaatonderrig geleenthede sonder die middelman.
​
Wat maak HKH Tutoring anders as al die ander privaatonderrig maatskappye?
Die prys!! Aangesien ons self die privaatonderrig lewer, kan ons onderrig dienste teen 'n fraksie van die prys van groot mededingers voorsien en terselfdetyd gehalte onderrig dienste verseker. Vir ons sal jy 'n gewaardeerde kliënt wees en nie net een van die massas nie!
Wat is die kwalifikasies en ondervinding van ons Tutors?
Die hoof-tutor, Roe Wiid, het B.Sc, B.Sc Hons en M.Sc grade in Dierkunde voltooi by die Universiteit van die Vrystaat asook 'n NGOS by AKademia. Hy was 'n praktiese demonstrateur en ‘n studente assistent vir eerstejaar Biologie, tweedejaar Dierkunde en derdejaar Dierkunde-studente van 2008 - 2011. Sedert 2012 - 2016 het hy die eerstejaar Biologie praktiese klasse aan die UV aangebied. Vanaf 2017 is Roe 'n Hoërskool onderwyser en bied hy FIsiese Wetenskappe en Wiskunde as vakke aan!
HKH Tutoring maak ook gebruik van addisionele gegradueerdes wanneer die werklas vir Roe te veel sou word om ten alle tye ‘n hoë gehalte diens verseker.
​
Wat is die leuse van HKH Tutoring?
Om gehalte privaatonderrig, stap vir stap (hanyane ka hanyane), te lewer